0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (1)
  • R250 - R500 (9)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 10 of 10 matches in All Departments

Kanker Schmanker! (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Kanker Schmanker! (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die oorlewingstog van 'n dapper vrou.

“ ʼn Kale vlakte waar my regterbors eens was. Ek maak my oë toe en laat my brein toe om te proe aan hierdie monumentale ding. Kanker schmanker, besluit ek. Ek is nog net soveel vrou soos voor die operasie. My vroulikheid het toe al die tyd nie in my bors gesit nie. Dit sit in my kop, in my hart, in daardie onmeetbare, onaantasbare iets wat die gees genoem word.”

In hierdie aangrypende boek deel die bekende spanningsverhaalskrywer Madelein Rust die intiemste besonderhede van haar reis met borskanker. Dit is ʼn brutaal eerlike vertelling wat haar belewenis van die siekte met patos en humor uitbeeld. Lesers verkry ʼn eiesoortige blik op die fisieke ervarings van borskankerstryders sowel as die ewig veranderende binnewêreld van dié wat teen die siekte veg.

Kanker schmanker! rus borskankerstryders toe met inligting wat nie altyd geredelik beskikbaar is nie en help hul geliefdes om die reis met kanker beter te verstaan. Dit is ʼn boek van hoop en triomf wat die leser hardop laat huil en laat lag. Dis 'n verhaal vir elkeen van ons wat ʼn stryd van enige aard stry.

Moederland (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Moederland (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R355 R305 Discovery Miles 3 050 Save R50 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In Junie 2070 skenk die 27-jarige Jenesis Baron geboorte aan ’n tweeling in haar woonstel in Xin Xianggang, voorheen bekend as Bloemfontein. Maar swangerskap sonder ’n genetiese toestemmingspermit van die owerhede is taboe, en die pasgeborenes word deur generaal Ben Wagner uitgesnuffel en aan die MediBot oorhandig, ’n robot wat ontwerp is om ongewenste lewens te beëindig. Genadedood noem hulle dit. Want, sê die regering, daar is nie genoeg kos, water en blyplek vir almal nie.

Jenesis is hartgebroke. Met haar hele hart smag sy daarna om vir Adam te vertel van die twee seuntjies wat nes hý lyk. Maar Adam is weg. Haar halsstarrige siening oor die huidige bewind en haar onvermoë om in te sien dat slegs die elite in die slimstede floreer, het hom verdryf. Vir haar bestaan gewone burgers nie, diegene wat na die buitewyke van die oorloggeteisterde ou stede uitgewerp word om van honger te sterf.

Moederland bied ’n fassinerende blik op die toekoms. ’n Puik nagevorsde, aksiebelaaide riller.

Siembamba (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Siembamba (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R330 R284 Discovery Miles 2 840 Save R46 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Mindie Rochebrandt en haar tweelingsuster, Mandelien, is beide swanger met hul eersteling. Ná ’n onsmaaklike insident tydens Mindie se ooievaarstee besluit sy egter om haar advokaatman, Marius, te verlaat sodra sy geboorte geskenk het.

Maar enkele dae later kom Mindie af op ’n gruwelike toneel in Mandelien se meenthuis. Wie verniel ’n swanger vrou en haar ongebore baba so wreedaardig? En hoekom?

Siembamba is ’n naelbyt-riller. Angswekkend, aksiebelaaid en propvol onvoorspelbare intriges.

My Naam is Legio (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust My Naam is Legio (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days
My Naam Is Legio (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust My Naam Is Legio (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R310 R266 Discovery Miles 2 660 Save R44 (14%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

In Madelein Rust se sewende misdaadroman veg ’n forensiese sielkundige teen ’n demoon-uitdrywer maar ook teen haar eie demone. Sy word van ’n las verlig maar nie sonder dat sy verloor wat vir haar dierbaar was nie.

Doodsengel (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Doodsengel (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Is dit 'n vergeldingsdrang wat iemand laat moor, of kan dit die psigologiese nagevolge van traumatiese kinderjare wees?

Magdalena Bakkes moor vir die derde keer in haar lewe en kies om te vlug, gedring deur die moeras van molestering en geweld wat haar kinderjare gekenmerk het. Niemand behalwe die onbekende vrou wat haar help wegkom, weet van die verkragting nie. En niemand sal weet dat Magdalena haar aanvaller se lewe geneem het nie. Sy sal nooit weer in 'n sel sit nie, al kos dit wát. Sy veg om 'n fasade van normaliteit te behou, help haar beskadigde kliënte en bied vir 'n groep ewe beskadigde elfjarige weeskinders Sondagskoolklasse aan terwyl sy haar blinde ma ondersteun en poog om die psigologiese nagevolge van die verkragting en moord te verwerk. Is daar onheil by die kinderhuis? Hoe diep en wyd strek die boosheid? Is haar ma werklik in die greep van demensie, of is daar iets anders, iets erger aan die gang? Sal die groep vigilantes daarin slaag om haar moord toe te smeer, of sal die groot polisieman sy woord gestand doen en die moordenaar aankeer?

Doodsengel is Rust se 6de boek met 'n splinternuwe hoofkarakter.

Moordhuis (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Moordhuis (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R310 R266 Discovery Miles 2 660 Save R44 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Moordhuis is die derde boek in die reeks met doktor Renata Malan as die hoofkarakter. Die eerste twee boeke in die reeks is Monstersaad en Bloedlyn. Renata is ’n profileerder met ’n donker verlede en ’n talent om in geweldsmisdadigers se koppe te klim. Die oorgeerfde boosheid wat in haar gene skuil maak van haar ’n gedugte teenstander en ’n gehate vyand. In hierdie roman word die sewejarige Gainsfordtweeling op grusame wyse in ’n skuur op Mooiplaats in die Bloemfonteindistrik vermoor. Binne-in die opstal is vier van die welgestelde Therons doodgemaak, die liggame uitgestal in die sitkamer. Doktor Renata Malan en die span van Malan & Coetsee Privaatondersoeke word deur die tweeling se ouers aangestel om die moordenaar aan te keer. Die ondersoek neem Renata in onverwagse rigtings: Bloemfontein se seksbedryf, die donker web, die nasleepsels van misdaad gedurende die bosoorlog in die tagtigs, die wereld van kinderpornografie en pedofilie, hebsug, haat en buite-egtelike verhoudings. Die een geraamte na die ander tuimel uit die kas en hoewel die lys van verdagtes daagliks groei, is bewyse skaars. Wie behalwe die Therons se erfgenaam sal voordeel trek uit die gesin se dood? Hou die Gainsfordseuns se dood verband met ’n baba se verdrinking drie jaar vantevore? Was Jakes Gainsford dalk self betrokke by sy kinders se dood? Was hierdie die perfekte misdaad? Terwyl Renata en haar vennoot, Stefan Coetsee, die verdagtes se maskers afskil en dieper delf in bloedige intriges, baklei sy teen die onwelkome sagte gevoelens wat Stefan na al die jare skielik in haar wakker maak en die liefde vir haar moordenaar-pa.

Bloedlyn (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Bloedlyn (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust 1
R310 R266 Discovery Miles 2 660 Save R44 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die privaat ondersoeker Renata Malan worstel steeds met die feit dat haar oupa en pa moordenaars is. Te meer omdat haar stiefpa, ’n sielkundige, in sy ondersoek na hierdie geval byna bo twyfel bewys het kinders erf hulle voorgeslagte se bose gene.

Renata bevind haar in ’n benouende posisie toe haar pa al hoe sterker verdink word van die reeksmoorde wat sy en haar kollega ondersoek. Hoewel die doodstraf destyds oor haar pa uitgespreek is, het hy op pad na sy teregstelling ontsnap en nou lyk dit of hy veel nader aan Renata woon en leef as wat sy gedink het. Eers wanneer hy agter tralies is, sal sy met haar lewe kan aangaan. Wel, in die sin dat sy dan sal kan bewys sy wil hom uit die samelewing verwyder.

Maar is die reeksmoordenaar inderdaad haar pa? En as dit nie is nie, hoekom kry Renata telkens ’n boodskap daaroor en waarom word die slagoffers op sulke strategiese plekke gevind?

Monstersaad (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Monstersaad (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust 1
R310 R266 Discovery Miles 2 660 Save R44 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Renata, ’n forensiese sielkundige, ondersoek ’n saak waarin ’n sestienjarige meisie gesterf het: volgens die polisie was dit selfmoord en volgens die oorledene se familie was dit nie. Renata glo laasgenoemde maar sy het bewyse daarvoor nodig.

Lam Ter Slagting (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Lam Ter Slagting (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Wat het ’n geheime organisasie en ’n kultus met korrupsie in hoë plekke te doen?

Vyf meisies is reeds gemartel en vermoor voordat Renata Malan en haar span deur die polisie gekontrakteer word om ’n nuwe geval te ondersoek. Elke geval is doelbewus geplant sodat dit ontdek móés word en die modus operandi laat geen twyfel dat dit ’n reeks is nie.

Maar die spoor is koud. Identifikasie is onmoontlik vanweë hu gesigbeserings. Dit maak slagofferprofilering onmoontlik, want hoe vang mens ’n moordenaar as jy nie weet wie die slagoffers is of waar hulle vermoor is nie? Die enigste ander leidraad is ’n belofte van nog ’n moord oor drie en dertig dae.

Toe die outistiese forensiese beeldhouer in hegtenis geneem word, gaan rooi ligte aan vir Renata, en sy en haar span delf dieper. Word iets toegesmeer? Speel die obskure Noagsgemeente dalk ’n rol? Tot watter mate sal die Vrymesselaars een van hulle lede beskerm? Wat weet Mistress Raven, die eienares van die kerker waarin sado-masochiste hul seksspeletjies beoefen? En wat sal die versteurde Chanté Naudé-Mulder nóg doen om Stefan deel van haar lewe te maak?

Lam ter slagting vertel die verhaal van korrupsie, mensehandel, geldwassery, bissare seks en ’n buitensporige magsdrang teen die agtergrond van die donker bedrywighede van ’n kultus en die geheimhouding eie aan die hoogste graad van Vrymesselary.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Morbius
Jared Leto, Matt Smith, … DVD R179 Discovery Miles 1 790
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Estee Lauder Pleasures Intense Eau De…
 (3)
R2,277 R1,730 Discovery Miles 17 300
Tommee Tippee - Explora Feeding Bowl…
R155 R139 Discovery Miles 1 390
Fine Living E-Table (Black | White)
 (7)
R319 R199 Discovery Miles 1 990
Space Blankets (Adult)
 (1)
R16 Discovery Miles 160
Professor Snape Wizard Wand - In…
 (8)
R832 Discovery Miles 8 320
LP Support Deluxe Waist Support
 (1)
R369 R262 Discovery Miles 2 620
Home Classix Placemats - The Tropics…
R59 R51 Discovery Miles 510

 

Partners